All best sellers
  • Shipped in 2 - 3 working days
MAMBA TPL Meter
  • MAMBA TPL Meter

MAMBA TPL Meter met Tap

MAMBA-TPL-Meter-en-TAP

MAMBA TPL Meter met Apparaat om doppe reguit te boor en tap vir TPL-meter saam met "Tap"

Apparaat om die maksimum TPL (Totale Patroon Lengte) in u wapen se kamer te meet saam met Apparaat om doppe reguit te boor en tap vir TPL-meter

R1,199
Tax included
Quantity
Shipped in 2 - 3 working days

Description

MAMBA TPL Meter Apparaat om doppe reguit te boor en tap vir TPL-meter saam met "Tap"

Apparaat om die maksimum TPL (Totale Patroon Lengte) in u wapen se kamer te meet

Die maksimum TPLword gemeet wanneer die ogief van die koeël net-net aan die loopgroewe of lande raak. “Just kissing the lands” in Engels;

TPL kan vanaf die dop se kop tot by die koeël se punt of, et “comparator” toerusting, tot op die koeël se ogief gemeet word;
TPL beheer die sprong / “jump” na die groewe en bepaal of u patroon korrek in die wapen se kamer en magasyn pas en funksioneer;
TPL beheer die oorblywende kamer volume binne die dop. TPLbeïnvloed dus die werkverrigting/druk in die patroon tydens ontbranding van die dryfmiddel, wat ʼn effek het op die snelheid en daarom impakpunt van die koeël.

Meet die maksimum TPL vir u wapen en komponente akkuraat met die MAMBA TPL-meter;
Druk die koeël in die dop nek in soveel as die deursnee/dikte van die koeël (bv. 6mm vir .243, ens.) die "boat tail" word hiervoor buite rekening gelaat. Die "boat tail" druk dus dieper in die dop in. Indien die dop nek korter is as koeël deursnee, word die koeël die lengte van die nek in die dop ingedruk;

Indien nodig, maak die TPL korter tot die patroon in u magasyn kas pas + effens korter sodat die koeël se punt nie in die magasyn kas vasdruk en beskadig nie;

Indien nodig, maak die TPL nog korter tot die sprong na die lande minstens 1.0mm is;

Hiermee is u klaar met TPL en “jump” & bepaal u die "sweet spot" lading vir hierdie komponente en wapen.

Sal die ondersteuning aan die koeël, asook die eweredigheid van nek spanning/vasklem van die koeël nie meer uniform tussen patrone wees, indien ons die hele beskikbare lengte van die nek gebruik nie?

Kliek hier vir SA Jagter Artikel oor die TPL Meter

Product Details
MAMBA-TPL-Meter-en-TAP
0
Comments (0)
Grade
No customer reviews for the moment.

Follow us on Facebook